Aangesien die Nowan Cornelius Sportfees op Hermanus op die laaste nippertjie as gevolg van die onrus daar gekanselleer is , is daar vining planne gemaak om wel wedstryde vir die o.14, 16 en 16-rugbyspanne, wat daar sou speel, te vind. Hulle het toe op Donderdagoggend 29 Maart, die lang pad na Bredasdorp aangepak om hul kragte daar te gaan meet.

Daar was gemengde uitslae – die onder 14’s het met 19-14 geseëvier en die onder 16’s met 36 -12. Ongelukkig het die onder 15’s in ‘n baie sterk span van Bredasdorp vasgeloop en is met 70-0 afgeransel.

Die puntemakers in die onder 16-span was soos volg: Sebastian Cloete, Michael Phillips, Eric de Bruyn, Stefan Naudé   (wat elkeen een keer gedruk het) en Henco Viljoen wat twee keer gedruk het. Keenan Carelse het ‘n verdere 6 punte met doelskoppe aangeteken.

Die volgende spelers het die onder 14-span se punte op die telbord geplaas: