Ons spog met ‘n nuwe, bykomende rugbytelbord. Dankie aan mnr. Faffa en mev. Annelise Venter van Seed Oil SA wat dit vir ons moontlik gemaak het. Die groot telbord is op die muur langs die elektroniese telbord by die A-rugbyveld opgesit. Nou sal ondersteuners die tellings van al die wedstryde op die ander velde ook kan sien.