FUEL MAAK N VERSKIL

Mia Williams

Elke Woensdag, in pouse, bied FUEL die geleentheid aan om jou verhouding met die Here te verbeter deur verskillende lessies in daardie sessie in te pas.

Van alleen sit en stiltetyd hou, na saam werk in groepies, sowel as om optredes aan die skool bekend te stel soos dié wat op Woensdag 7 Maart plaasgevind het, maak FUEL opwindend.

Gedurende pouse het die skool ‘n groep mense gestuur wat vanaf Worcester kom, wat vir ons die boodskap van die Here oorgedra het op ‘n spesiale manier. Hierdie groep het die boodskap oorgedra deur dit uit te leef in dans en poësie.

Die groep het bestaan uit twee mans en drie dames en hulle het met die leerders van Hoërskool Strand gepraat en die motivering gegee om te sê: “Jou omstandighede bepaal nie wie jy is nie.”

Daar is baie hartseer dinge met die leerders gedeel. Hulle het ook gesê hoe trots hulle is op hul groepie en het dit uitgebeeld deur tradisionele danse uit te voer. Hulle het ook saam as ‘n span gesing. Die liedjie was baie diep en almal kom lekker saam sing.

Alhoewel die kuiertjie baie kort was, het die leerders en die FUEL-onderwysers besluit dat dit nie die laaste keer sal wees wat hulle kom nie.

Hierdie groep het ook met ons gedeel dat hulle verlede baie erg was, maar dat hulle daaraan gewerk het en dit as motivering gebruik het om hul lewens suksesvol te maak. Hulle het ook vir die leerders gesê dat hulle trots moet wees op wie en wat hulle is, want die Here het jou gemaak vir ‘n rede. Hy het ook jou swakhede gegee, want Hy wil hê jy moet jouself kan handhaaf.

Hierdie groep het baie van die leerders aangeraak en hulle het ook n saadjie by die skool geplant. Hierdie simboliese saadjie verwys na hoe ons as mens besig is om te groei. Elke dag, as jy positiewe en negatiewe oomblikke het, sal jy besef dat dit deel is van die groeiproses.

Hopelik sal die hele skool die volgende byeenkoms bywoon, sodat ons saam as een skool kan groei.