Vier van Hoërskool Strand se rolbalspelers is  vir die O/20 en O/15-WP spanne gekies om aan die SA Rolbalkampioenskap deel te neem wat April in Bloemfontein plaasgevind het.

Die WP O.15B-span waarin Mckenzie Knipe gespeel het, verower goud.

Die WP O.15A-span waar Shannon Phillip lid was, verower die bronsmedalje

Jason Fouche en Juan Joubert speel in die O.20-span en hierdie span kom 3de in die plaat kompetisie.