‘n Groep Belgiese uitreelleerders le tans besoek af by HS Strand waar hul deur gasouers gehuisves word. Die Roeselare-groep het Dinsdag, 20 Februarie, die saalbyeenkoms bygewoon asook die Gr. 12-Toerisme klas van HS Strand besoek.

Op die eerste foto verskyn die volgende drie onderwysers:  Van links na regs:  Kristof Deprez (Belgiese onderwyser, Christa Mare (Toerisme onderwyser van HS Strand) en Dominique Cauwelier (Belgiese onderwyser)

Op die ander foto’s verskyn die Roeselare leerders saam met die HS Strand se Arende in die Toerisme klas waar hul meer oor mekaar se lande te wete kom.