Twee leerders, Ansela Burger (gr.12) en Derik Nortje (gr. 9) is Vrydagaand, 28 Julie, na die pryswennerskonsert genooi.

Derik het die geleentheid gekry om sy Engelse Monoloog, I’m moving out, voor ? uitgelese gehoor op te voer en ontvang die H du Toit-beker vir die beste hoërskool seunsdeelnemer.

Ansela is aangewys as die gasspreker van die aand en kry daarmee die geleentheid om haar reis as woordkunstenaar oor die afgelope vyf jaar met die waarderende gehoor te deel. Sy ontvang die Stellenbosch kunswedstryd-medalje vir die beste graad 12-deelnemer, die Stellenbosch kunswedstryd-beker vir Voordragkuns asook ? kontantprys vir die algehele wenner van die senior afdeling. Wat haar prestasie nog merkwaardiger maak, is dat sy oor die afgelope vier jaar elke jaar aangewys is as die beste woordkunstenaar in haar graadgroep.

Voorwaar twee uitsonderlike prestasies vir twee uitsonderlike woordkunstenaars!

PRESTIGE TOEKENNINGS VIR TWEE UITSONDERLIKE WOORDKUNSTENAARS