Tydens die 2018 kleure-atletiekbyeenkoms het die volgende atlete besondere prestasies behaal:

V.l.n.r.:

Adriaan Kennedy is as die Senior Victor Ludorum aangewys vir sy pretasies in S.17 400m, 200m, 11-m Hekkies. 400m Hekkies en 100m.

Ané Braasch was die Senior Victrix Ludorum met prestasies in D.17 gewigstoot, hamergooi, diskusgooi, spiesgooi en 400m.

Marli Botha was die Junior Victrix Ludorum met prestasies in D.15 hamergooi, gewigstoot, 400m, 200m en verspring.

Anél Swart was die beste veldatleet met 43,84m in hamergooi en het ook die beste prestasie van alle atlete van die dag gelewer.

Rohan Britz het die beste prestasie in middelafstande gelewer.

Alexander Smit was die Junior Victrix Ludorum met besondere pestasies in S.14 3000m, 400m, 200m, 1500m en hamergooi.

Caitlin Isaacs was weer eens die blits van Hoërskool Strand en was die beste naelloopatleet.

Kristin Meyer het vir die vierde agtereenvolgende jaar die trofee as beste langafstandatleet gebuit met haar besondere prestasie in 5000m stap.