Michelle Olivier het ‘n goue medalje gewen by die Oos Metropool skaakproewe wat hierdie naweek op 2 en 3 Februarie by Hoërskool Brackenfell plaasgevind het. Sy was algeheel tweede in die onder 18-groep en die beste meisiespeler in die groep. Sy het vyf van haar ses wedstyde gewen.