Hoërskool Brackenfell spog met sewe leerders wat deelgeneem het aan die Nasionale Op-die-tong-af Redenaarskompetisie.

Yolanda Adinall, Jumari Ackerman, Christiaan Koorts, Anandi Dryden en Juané Visser het ’n A-simbool (80 – 84%) behaal terwyl Alaine du Plessis en Ehan Smit het ‘n A+-simbool (85 – 89%) behaal het.

Alaine en Ehan is ook gekies om deel te neem aan die semi-finale van die Nasionale ATKV-redenaarskompetisie.

Baie geluk aan hierdie leerders met jul uitstekende uitslae. Hoërskool Brackenfell is voorwaar trots op julle!

Foto bo: Vlnr: Anandi Dryden, Jumari Ackerman, Juané Visser en Yolanda Adinall (Christiaan Koorts is afwesig op foto).

 

Vlnr: Alaine du Plessis en Ehan Smit