Die toutrek-ouers het vanaand geskiedenis gemaak deur die eerste toutrek-toekenningsfunksie aan te bied. Ongeveer 100 mense (toutrekkers en ouers) het die baie gesellige funksie in die Kindertrustsentrum bygewoon. Na afloop van die funksie kon al die gaste ‘n lekker boereworsrolletjie en sap geniet.