HS Strand se Liefdadigheidsorganisasie, Tiamo, reik vanjaar uit na die hoerskool in Beaufort-Wes deur 5l-kanne water te skenk, aangesien dit so ontsaglik droog in die deel van ons land is.

Wil jy, as ouer,leerder, oudleerder of vriend dalk deel wees van ons Kersboomprojek van 2018.

Hierdie jaar is dit vir enige een moontlik om deel te wees van hierdie projek.

Om ons motto volledig uit te leef, wil ons ons dankbaarheid betoon deur geseëlde 5 l-bottels water na Beaufort-Wes te stuur.

 “Wees jy die verskil wat jy in ander wil sien”

Kontakbesonderhede: sandra1512@gmail.com

Aflewering: Hoërskool Strand