Die hoogtepunt op die toutrekkalender het die naweek in Kimberley plaasgevind – naamlik die SA Toutrekkampioenskap

Twee van Hoërskool Strand-spanne het met trots die WP verteenwoordig.  Die derde span het as ‘n Hoërskool Strand-span getrek. Hierdie spanne het baie goed gevaar en baie kommentaar (dat hulle spanne sterk trek) van gesoute toutrekskeidsregters gekry.

Die  520kg gemengde span het 4e geëindig en hulle brons medalje net-net gemis.   Hulle was die enigste WP-span, wat in die top 4 posisies geëindig het –  waaroor ons baie  trots kan wees. Hulle het teen Shalom (Eden-distrik) met die semi- finale rondte getrek

Die 520kg seuns se kompetisie was baie sterk – daar was 17 spanne en ons span het 7e geëindig en het dus ook baie goed gedoen.

Die spanne het baie ver gery en Donderdag en Vrydag  ‘n nat,  koue Kimberley getrotseer. Ons is baie trots op hulle en wil ook die afrigters, borge en ouers bedank vir al die tyd en geld wat hierby betrokke was.