Die rolbaluitslae van die Interskole tussen HS Strand en Rusthof is ook bekend. HS Strand het vir Rusthof 15 – 4 gewen. Dit is die eerste amptelike rolbal Interskole tussen twee skole in Suid-Afrika.

Rolbal interskole het op Dinsdag 14 Augustus teen Rusthof plaasgevind.  Die 2 A spanne bestaande, uit 4 spelers, het oor 10 koppe teen mekaar gekompieeer.  Strand wen die wedstryd 15-4, en ontvang die Denis Malan wisseltrofee.  Hierdie was die eerste van sy soort rolbalwedstryd tussen 2 skole.

Strand A rolbalspan spelers is:  Eugene Louw (kaptein,3de speler) Jason Fouche (skip) Mckenzie Knipe (lei) Juan Joubert (2de speler)