Die OBK se damesoggend met Marion Holm, Saterdag 14 Oktober, was ‘n reuse sukses.

Almal kon hul inleef in haar eg-menslike belewenis van die groot K (bors- en breinkanker). Haar skreeusnaakse humor het almal ‘n positiewe emosionle hupstoot gegee en ons met nuwe oë na ons vrese laat kyk. Niemand sal vergeet dat ons “pakkie” met humor draagliker kan raak nie.

Baie dankie aan die bekwame span OBK-ma’s en juffrou Lambrechts vir die pragtige tafels en gesellige oggend wat ons saam kon geniet. Doen so voort!!

Ons gebruik die fondse vir die verfraaiing van ons skoolterrein.

Van links na regs mev. Hettie Scheepers, mev. Christa Mare, onderwyseres by HS Strand en mev. Lizaan van Zyl, onderwyseres by HS Strand.