Leani van die Merwe is van 2018 af HS Strand se hokkie-organiseerder en vir die afgelope vier jaar die afrigter van die onder 18A-seunshokkiespan.

Sy was vanjaar lid  die SA Platteland A-span wat van 27 April – 2 Mei aan die Senior Interprovinsiale Toernooi in Durban deelgeneem het. Sy was kaptein van hierdie span, wat ‘n silwer medalje gewen het.

In Junie 2018 gaan sy ook lid van die WP Platteland-span wees (al vir die sewende keer) wat 23 Junie – 1 Julie in Pietermaritzburg aan die SA Platteland-toernooi gaan deelneem. Daar kan die spelers gekies word om in die SA Platteland-span te speel. (Leani het reeds al 6 jaar in die SA Platteland-span gespeel en was twee keer kaptein).

Vir Leani is hokkie  ‘n passie  en sy glo dat  ‘n mens deur die jare elke dag iets nuuts leer. Een ding wat sy saam met haar op haar  lewensreis vat,  is dat jy altyd jou drome kan najaag, maak nie saak hoe oud jy is nie.

“If you can dream it, you can believe it”