HS Strand bedank graag die borge van die 1ste Netbal span
HS Strand bedank graag die borge van die 1ste Netbal span

HS Strand bedank graag die twee eienaars van Flameros Chicken Grill, Annamarie en Esther Buckley, as hoofborg van die skool se eerste netbalspan.

Dankie aan ons oudskolier, mnr. Herman Brand, die verteenwoordiger van die matriekklas van 1986 wat die meisies se wit baadjies borg.

Baie dankie aan mnr. Werner Uys van Easy Life Kitchens Stellenbosch vir sy ruim borgskap vir die meisies se opwarmhemde en jazz pants.

Foto 1 verskyn die skoolhoof mnr. Danie Malan, saam met me Buckley van Flameros en me Mariaan Olivier van HS Strand asook die eerstespan netbalspelers. Foto 2 Mnr. Brand saam met die eerste netbalspan van HS Strand.Op die derde foto is die wit baadjies wat deur die oudleerders van die matriekklas van 1986 geborg is.