Hoërskool Tygerberg se meisiekoor en Tygerberg Mafia (die seunskoor) het aan die Nasionale ATKV: Applous-kompetisie se streeksrondte deelgeneem.

Die meisies, onder leiding van Mnr. Peter Roux, het ‘n ATKV silwer-toekenning verwerf.

Die Mafia, onder leiding van Mnr. Barend van der Westhuizen, het ‘n ATKV goud-toekenning verwerf.