SEUNSHOKKIE TEEN STELLENBOSCH – VERSLAG  14 APRIL

Die onder 14A, 16A, 18B en 18A seuns het op 14 April in die Strand teen HS Stellenbosch gespeel.

Die onder 14 seuns het  getoon dat  die ervaring wat hulle in die Maart-vakansie by die DFD Malan-toernooi opgedoen het, begin vrugte afwerp. Hulle het in die laaste oomblikke van die wedstryd ‘n doel van ‘n hoekie af teen Stellenbosch afgestaan en was ongelukkig om met 0 – 1 te verloor.

Die onder 16A-seuns het in ‘n baie mooi wedstryd met 5 – 0 geseëvier. Die doele is deur Jayde Nel (3) en Reinhardt le Roux (2) aan te teken.

Die 18B-seuns was baie ongelukkig om met 0-2 in ‘n mooi wedstryd te verloor.

Die 18A-seuns het teen ‘n begeesterde span van Stellenbosch te staan gekom en het 1 – 1 gelykop gespeel. Die doel is deur Zander Barnard aangeteken.