Die Boland Muurbal kleure-oorhandiging het verlede Vrydagaand by Paarl Boys High plaasgevind. Ryk Neethling het as motiveringspreker opgetree en daarna die sertifikate aan almal oorhandig.

Die volgende leerders van Hoërskool Strand het Boland-kleure vir muurbal tydens die funksie verwerf: Danelie Pienaar, Aneldi Morkel, Elana Hay, Ané Braasch, Charl Morkel en Ian Ter Haar.

Vlnr: Danelie Pienaar, Aneldi Morkel, Elana Hay, Ryk Neethling, Ané Braasch, Charl Morkel en Ian Ter Haar.