Hoërskool Strand se krieketspelers het die afgelope seisoen soveel hoogtepunte beleef. Liam Martin, kaptein van die eerste krieketspan en lid van die SA 0.17-plattelandspan, is in die Boland se 0.18-winteroefengroep opgeneem.

Chris Jurgens, reeds van gr. 8 af lid van die eerste krieketspan, is op sy beurt in die Boland se 0.15-winteroefengroep opgeneem.

Mnr. Andries Louw, hulle spanbestuurder, sê dit is ‘n geval van arbeider is sy loon waardig.

Hulle het hard geoefen en pluk nou die vrugte daarvan.

Vlnr: Liam Martin, mnr. Andries Louw en Chris Jurgens