Hoërskool Strand se 1ste dogtershokkiespan het Saterdag en Sondag aan die Milnerton Hockey Festival deel geneem en besonder goed gevaar.

Hulle het 4 wedstryde gespeel, waarvan hulle 2 gewen en 2 gelykop gespeel het. Die span toon baie potensiaal en is opgewonde oor die seisoen wat voorlê.