Juf. Juanita Gerstner van Hoërskool DF Malan in Kaapstad, het die naweek van 3 – 4 Mei deelgeneem aan die SAMA Kampioenskappe (Suid-Afrikaanse Meesters Atletiek) wat in Oudtshoorn plaasgevind het.

DF is trots om te kan sê dat sy 6 goue medaljes verower het. Juanita ontvang dié medaljes vir throw pentathlon, hamergooi, diskus, gewigstoot, spiesgooi en gewiggooi (weight throw).

Baie geluk, Juanita!