Die eerste seunshokkiespan het die vakansie afgesluit en die nuwe kwartaal “geopen” met ‘n wedstryd teen ‘n “Old Boys-span”, wat uit vorige jare se eerstespanspelers bestaan het. Die ouderdomme van die gaste het van 19 tot 30 jaar gewissel!
Die endtelling was 1 -1 – doele aangeteken deur Christiaan de Wet (1e span) en Jacques Oosthuizen (van die oumanne).