Luca Ruwiel (Graad 8):

Provinsiaal:

Die Western Cape Cross Country Olympic Cup Series:
Luca het hierdie kompetisie gewen deur al 4 die wedrenne te wen.

Western Cape XCO Championship Race:
Hier het Luca ‘n eerste plek behaal.
Luca het die eerste van 4 wedrenne in die WC XCM (Marathon) reeks gewen.

Hy is dus nou die dubbele en algehele wenner in die Wes-Kaap.

Nasionaal

Luca het reeds 3 van die 4 South African Cross Country Olympic Cup
Series-wedrenne gewen (gehou te Paarl, Pretoria en Bloemfontein).

Stèfke Tolmay (Graad 9):

In die XCO WP-kompetisie het Stèfke ‘n 1ste plek behaal en in die XCO WP-kampioenskappe ook!

Stèfke het dus WP-kleure vir bergfiets en ons is baie trots op haar.

Stèfke het ook ‘n 2de plek in die tweede South African Cross Country Olympic Cup Series behaal.

Stèfke Tolmay, Alex Kruger (Grannygear) en Luca Ruwiel