Ten spyte van die huidige waterkrisis het die Arende gewys:

Saam is ons EEN STRAND!

Ons het op ‘n wonderbaarlike manier van TEAMBO, ‘n professionele spanbou-instansie te hore gekom. Hulle is van Bloemfontein en onder leiding van die bekwame, mnr. Beukes van Zyl.  Hy en sy twee fasiliteerders het ons Arende op 26 Januarie op ‘n positiewe noot kom inspireer.

Beukes en sy fasiliteerders het hul luister- en samewerkingsvaardighede in ‘n uurlange prettige tromsessie laat plaasvind en ons leerders het hul samewerking met respek aan Beukes en die fasiliteerders gegee.

Ons Arende-familie het net weer besef dat ons nog hoër hoogtes met die gees in ons skool kan bereik.

Baie dankie aan elke Arend wat ‘n bydrae tot die gees van ons skool gelewer het.