DF Malan se debat- en redenaarsprekers het die afgelope maand verskeie seges gehad. By die landwye ATKV-debatsfinaal het Neal Malan, Ila Alberts en Heinrich Crous koning oor die hele land gekraai, met Neal Malan wat as die beste taalgebruiker benoem is. By die redenaarskompetisie, is Heinrich Crous as beste taalgebruiker aangewys, met DF wat daar ook skoonskip gemaak het. Gedurende die interskole- debat met Bellville, het die Afrikaans en Engels Junior en Senior spanne gewen. Binnekort vertrek DF se Dink of Sink-span na Pretoria vir die Finale Kompetisie aldaar.

Deidre Le Hanie saam met Heinrich Crous van die Hoërskool DF Malan.

ATKV-redenaars DF Malan

Neal Malan van die Hoërskool DF Malan. Beste taalgebruiker. Junior afdeling

ATKV-redenaars DF Malan

Deidre Le Hanie saam met Neal Malan, Ila Alberts en Heinrich Crous van die Hoërskool DF Malan. Eerste plek. Junior afdeling

ATKV-redenaars DF Malan