Graad 10-projek:

DF Malan se Graad 10-Raad van Leerders (Jaco Wagener, Pieter Cilliers en Nicola Van der Merwe) asook 2 graad 10-leerders (Jani Knoetze en Lizaan Oosthuizen) het Dinsdag 8 Augustus vir die Tygerbear Foundation se opleidingsentrum langs Tygerberg Hospitaal gaan besoek om massas Teddiebere te skenk.

Elke graad in DF Malan is jaarliks verantwoordelik vir ‘n graadprojek. Hierdie jaar was dit die Graad 10’s se voorreg om ‘n donasie aan die Tygerbear Foundation te maak. Die graad-10’s het hierdie teddiebere tydens skoolure ingesamel.

Graad 9-projek:

Die graad 9-Raad van Leerders en klasleiers het op Lentedag die bejaardes by die St. Johannis Heim Tehuis besoek. Dit was ‘n heerlike geleentheid om ou vriende op te kikker. Die graad 9’s het presente afgelewer en van voor af besef hoe belangrik dit is om vriende van alle ouderdomme te hê.

Graad 8-projek:

Die Graad 8’s van DF Malan het as deel van hul graadprojek kinderboeke en balle bymekaar gemaak. Hulle het die 85 boeke en 20 balle op 4 September aan die Blue Mountain Laerskool, buite Durbanville geskenk.

Hier is Heinrich Leeuw en Tia Crous by van die leerders van die skooltjie.

DF Malan Gee Om.
DF Malan Gee Om.