Category: Tennis

DF Malan Tennis

Sewe van Hoërskool DF Malan se tennisspelers is gekies om die Wes-Kaap Disas te verteenwoordig. WP Skole-tennis het op Saterdag, 20 Januarie 2018, ‘n oefenkamp en bekroningsplegtigheid gehou by Parow Tennisklub. Die oefenkamp is afgesluit met ‘n ete en sosiale funksie vir die spelers en hulle ouers. Tydens hierdie geleentheid het die spelers hulle Wes-Kaap Disas-pette van mnr. Japie Klaasen ontvang. Hy is SA Davis Cup-tennisspeler Raven Klaasen se pa. Die spelers is (van links na regs): Agter: Anja Nel , Werner Britz, Emma Coetzee en Wihan Bester. Voor: Zandria Spangenberg, Hannes Swart en Lara Havenga...

Read More

Arend Afslaantoernooi, 27 Januarie 2018

Baie dankie aan HS Bellville, HS Durbanville en HS Hermanus wat deelgeneem en bygedra het tot die groot sukses van die Arend Afslaantoernooi. HS Strand se o.19A-spanne het weggestap as die senior wenners van die dag. HS Durbanville se junior spanne was die wenners in die o.15 afdeling. o.19A-seuns: Zac Kruger, Ruan Louw, Wilu Wessels, Chris Langeveldt o.19A-dogters: Sonja Veldsman, Ané Braasch, Jeandri Agenbag, Uné Benade  ...

Read More

Hannes Swart van DF Malan Hoërskool

Ons is baie trots op Hannes Swart. Hy is die nommer 1-tennisspeler vir die o.17A Wes-Kaapspan wat gedurende 10 -13 Julie in Durban aan die “SA School Sports”-kompetisie deelgeneem het. Die toernooi is deur die Departement van Kultuur en Sport en Departement van Basiese Onderrig gereël. Hannes het sy span gelei en is die enigste speler wat 15 uit 15 wedstryde in die enkels, dubbels en gemengde dubbels gewen het, sonder om een stel af te staan. In hierdie foto staan Hannes in sy Wes-Kaap spandrag met die goue medalje vir die eerste span van die...

Read More

Top Ads

Categories

Gedagte vir die week

God sal die pad aandui

Na die dood van Josua het die Israeliete die Here geraadpleeg – Rigters 1:1

Josua was ‘n lojale en toegewyde dienskneg van God; ‘n wyse en gerespekteerde leier van sy volk. Dit volg dan vanselfsprekend dat die volk met sy dood verward en verlore gevoel het.

Dis die gevolg wanneer jy moet afskeid neem van iemand op wie jy jou vertroue in ‘n besondere mate geplaas het. Gewoonlik is die eerste vraag wat gevra word: “Wat staan ons nou te doen? Na wie toe kan ons draai?”

Indien jy jou in sulke omstandighede bevind, moenie in eie krag probeer voortgaan nie. Volg die Israeliete se voorbeeld en soek die Heiland se hulp en leiding. Hy alleen wil en kan jou lei op Sy pad van geregtigheid, en jou die vermoë gee om elke situasie te hanteer en gemoedsrus te hê wat alle vrees verdryf.

Verlosser, in elke omstandigheid van my lewe sal ek vertroosting en leiding by U alleen soek. Amen.