Category: Rugby

HS STRAND ONDER 16’S MAAK KENNIS MET FRANSE TOERSPAN

Op 23 Junie, toe die meeste van HS Strand se leerders al heerlik vakansie gehou het, het die onder 16-rugbyspelers teen ‘n Franse onder 17-rugbyspan ‘n vriendskaplike wedstryd gespeel. Die klubspan (wat van ‘n verskeidenheid skole kom op die Franse platteland af kom), het die spangees en samehorigheid tussen die Strand-spelers baie aangenaam en interessant gevind. (Hulle ken nie skolesport nie – dit word slegs op klubvlak beoefen.) Alhoewel daar ‘n baie groot punteverskil in die finale puntestand was (ten gunste van HS Strand) was daar na die wedstryd ‘n wonderlike gesindheid en kameraderie onder die twee spanne. Daar...

Read More

HS Strand rugby uitslae.

O/19 A De Kuilen HS wen 38 – 0 O/19 B De Kuilen HS wen 34 -12 O/19 C HTS Bellville Gelykop 15 – 15 O/19 D HTS Bellville HS verloor 0 – 12 O/16 A De Kuilen HS wen 46 – 12 O/15 A De Kuilen HS verloor 5 – 22 O/14 A De Kuilen HS wen 27 – 0 O/14 B De Kuilen HS wen 60 – 5 Die o.14’s het ‘n baie suksesvolle naweek gehad. Hulle het gewen met onderskeidelik  27-0 en 60-5. By die onder 15’s het De Kuilen sterk begin en binne die eerste...

Read More

Top Ads

Categories

Gedagte vir die week

In diens van God

Lê jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel  as ‘n arbeider wat die goedkeuring van God wegdra. – 2 Timoteus 2:15

Jy kan so betrokke raak in God se werk dat jy jou visie verloor van dit wat God wil hê jy moet doen. Jy is vir God besig sonder om met Hom saam te werk. Dan word jou diens aan God ‘n sware las. Wanneer dit dan te laat is, droog iets binne-in jou gees op en word jy gespanne totdat jy skielik op ‘n dag knak.

Die belangrikste plig van elke Christenwerker is om sy verhouding met die lewende Christus te handhaaf en daagliks te versterk. Indien jy te besig is om elke dag tyd met Hom deur te bring in gebed, is jy inderdaad te besig en kan jy nooit sy effektiewe dienskneg wees nie.

Gebed: Ek vra nederig dat U my sal inspireer en versterk In die diens wat ek uit dankbaarheid vir my ver-lossing aan U bied. Amen. –  Solly Ozrovech