Category: Hockey

Strand speel Hokkie en Rugby teen Chileense Toerspan

Op Maandagmiddag 30 Julie het die eerste meisieshokkiespan teen ‘n O.17-span, St Johns, van Chilli ‘n wedstryd gespeel.  Die wedstryd het in ‘n goeie gees plaasgevind. Dit was ‘n heel nuwe ervaring om die Spaanse taal oral oor die veld te hoor. Die eindtelling van 1 elk was ‘n goeie weerspieëling van die wedstryd. Die taalverskil het geensins die meisies teruggehou tydens die onthaal nie en daar is omtrent gesels! Dit bly altyd ‘n goeie ervaring om teen ander lande te speel  en die spelers het dit baie geniet. Die onder 16-rugbyspan het teen ‘n (oorwegend) onder 17-span van...

Read More

STRAND MEET KRAGTE TEEN ENGELSE TOERSPAN VAN KING’S SCHOOL WORCESTER

Op Maandag 23 Julie het Hoërskool Strand se dogters o.18A en B-spanne  kragte teen ‘n Engelse toerspan van King’s School in Worcester gemeet. Die 18A-span se wedstryd is in ‘n baie goeie gees gespeel en daar was goeie hokkie vanaf beide spanne.  Strand het die eerste helfte gedomineer en ‘n doel aangeteken om teen rustyd met 1-0 voor te loop. Hierdie doel is deur Jeandri Agenbag geslaan.  Die Engelse het egter teruggeveg en die eindtelling was 1 elk. Die 18B-span se uitslag was 1-0 in Strand se guns. Rochelle Roos het hierdie doel aangeteken. Die meisies  het dit baie...

Read More

Strand speel hokkie teen Engelse Toerspan van Newcastle

Op Donderdag 26 Julie het die D.16A en B-span die geleentheid gehad om teen die toerspan van Newcastle van Engeland te speel. Die skool waar hierdie spelers skoolgaan dateer reeds vanaf die 1500’s! Alhoewel die tellings nie in Strand se guns was nie, was dit ‘n lekker ervaring om teen totale vreemdelinge te speel. Die besoekende spanne was grootliks onder 17 en 18 – so daar was ‘n rede waarom die Strand-spelers lekker moes bontstaan. Zani Wilmot  en Caitlin Isaacs het vir die A-span doele aangeteken. Na die wedstryde het die spanne lekker in die Kindertrustsentrum saamgekuier en gesmul...

Read More

EERSTE SEUNSHOKKIESPAN SPEEL VRIENDSKAPLIKE WEDSTRYD TEEN “OLD BOYS”

Die eerste seunshokkiespan het die vakansie afgesluit en die nuwe kwartaal “geopen” met ‘n wedstryd teen ‘n “Old Boys-span”, wat uit vorige jare se eerstespanspelers bestaan het. Die ouderdomme van die gaste het van 19 tot 30 jaar gewissel! Die endtelling was 1 -1 – doele aangeteken deur Christiaan de Wet (1e span) en Jacques Oosthuizen (van die...

Read More

Top Ads

Categories

Gedagte vir die week

Asemhaling van die siel

Here, luister tog na my gebed, hoor tog my geroep om hulp! Moet U tog nie van my afsydig hou nie. –  Psalm 102:2-3

Die meeste Christene besef die armoede van hulle gebeds-lewe, maar wanneer hulle ernstig probeer bid, dwaal hulle gedagtes, hulle gees word onrustig en daar kom min van hulle verhewe voornemens.

Voorgeskrewe en ortodokse gebede kan jou help om die teenwoordigheid van God te betree, maar dis die noodkreet van die berouvolle en verslae gees wat die hart van God be-reik.

Elke keer as jy die Naam van die Here aanroep, wag Hy al- reeds om jou te ontmoet. Moet daarom nie ontmoedig raak as jou gebedslewe vir jou ondoeltreffend lyk nie. Elke gedag- te aan God is ‘n gebed en dit verbind jou aan die liefdevolle Vader wat aan jou lewe wil gee.

Heilige Gees van God, ek weet nie altyd hoe en wat ek  moet bid nie. Ek loof U dat U my onuitgesproke sugtinge  aan God oordra. AMEN. – Solly Ozrovech

Pin It on Pinterest