Category: Athletics

Atletiekprestasies van HS Strand-atlete

Ses atlete van HS Strand het die naweek in die Paarl by Dal Josafat aan die Wes-Kaap Atletiekkampioenskap deelgeneem. Baie goeie prestasies is gelewer: ATLEET ITEM PRESTASIE Carli Swart D.14 Hamergooi Goue medalje 38,92m Marli Botha D.15 Hamergooi Goue medalje 43, 48m Anél Swart D.17 Hamergooi 6e plek – 42,59m Jada Dippenaar D.19 Hamergooi Brons medalje – 38,30m Caitlin Isaacs D.17 100m D.17 200m Goue medalje – 12,33s Silwer medalje – 25,5s Adriaan Kennedy S.17 400m Hekkies S.17 Hoogspring Brons medalje – 55,3s Silwer medalje – 1,85m   Die Wes-Kaap-span wat vanaf 22 -24 Maart aan die SA Skole...

Read More

Hoërskool Strand neem deel aan die Boland atletiekkampioenskap 

Op Vrydag en Saterdag 2 en 3 Maart het 25 atlete van Hoërskool Strand aan die Boland atletiekkampioenskap  by Dal Josafat deelgeneem. Die kompetisie by hierdie byeenkoms is baie sterk, aangesien atlete van alle streke in die Boland deelneem. Ses atlete het aandie kwalifiserende standaarde voldoen en is in die Boland-span opogeneem om op 9 en 10 Maart aan die Wes-Kaap Kampioenskap deel te neem. By hierdie kampioenskap word die atlete aan nog hoër standaarde onderwerp om dan in die Wes-Kaapspan opgeneem te word en uiteindelik aan die SA Skole Kampioenskap deel te neem. Die volgende atlete het gekwalifiseer...

Read More

HS Strand – Boland atletiekbyeenkoms uitslae

BOLAND ATLETIEKKAMPIOENSKAPPE, DAL JOSAFAT, PAARL 2  en 3 MAART 2018 Die Boland Kampioenskap het Vrydag en Saterdag in die Paarl plaasgevind. Die kompetisie is BAIE sterk, aangesien die atlete met atlete van Sentraal, Suid-, Wes-, Noord- en  Noordwes-Boland moet kompeteer vir ‘n plek in die Boland-span. Hierdie atlete neem in die komende naweek (9 en 10 Maart) aan die Wes-Kaap Kampioenskap in die Paarl deel. Slegs atlete, wat aan die kwalifiserende standaarde voldoen en atlete wat by die Kampioenskap ‘n medalje gewen het, word in  die span opgeneem. By hierdie Kampioenskap moet die atlete weer eens aan kwalifiserende standaarde voldoen...

Read More

HS Strand se medaljes by Somerset-Wes Primêr mini-byeenkoms

Hierdie atlete is baie opgewonde oor die medaljes wat hulle by Somerset-Wes Primêr se jaarlikse mini-byeenkoms verower het. Agter verskyn Edward Russouw (brons vir 1000m S.19),  Gershon September (brons 80m S.19) en Alexander Smit (goud vir 600m S.14). Voor is Caitlin Isaacs (goud vir 80m D.17) en Naseefah Petersen (brons 80m D.17). Caitlin het ook die prestasie behaal om ‘n rekord, wat jare lank gestaan het, verbeter...

Read More

Top Ads

Categories

Gedagte vir die week

Asemhaling van die siel

Here, luister tog na my gebed, hoor tog my geroep om hulp! Moet U tog nie van my afsydig hou nie. –  Psalm 102:2-3

Die meeste Christene besef die armoede van hulle gebeds-lewe, maar wanneer hulle ernstig probeer bid, dwaal hulle gedagtes, hulle gees word onrustig en daar kom min van hulle verhewe voornemens.

Voorgeskrewe en ortodokse gebede kan jou help om die teenwoordigheid van God te betree, maar dis die noodkreet van die berouvolle en verslae gees wat die hart van God be-reik.

Elke keer as jy die Naam van die Here aanroep, wag Hy al- reeds om jou te ontmoet. Moet daarom nie ontmoedig raak as jou gebedslewe vir jou ondoeltreffend lyk nie. Elke gedag- te aan God is ‘n gebed en dit verbind jou aan die liefdevolle Vader wat aan jou lewe wil gee.

Heilige Gees van God, ek weet nie altyd hoe en wat ek  moet bid nie. Ek loof U dat U my onuitgesproke sugtinge  aan God oordra. AMEN. – Solly Ozrovech

Pin It on Pinterest