Category: DF Malan

DF Malan onder-neem uittog na Zambië

‘n Groep van 13 Dee-Effers en 2 oud-Dee-Effers, onder leiding van mej. C. Wepener, onder-neem weer vanjaar die opwindende uittog na Zambië vir die Zambië-gemeenskapsavontuur 2018. Die groep besoek die gemeenskapsopleidingssentrum van Foundation for Cross-Cultural Education in die Masaiti distrik in die Copper-belt area van Zambië. Besoek gerus www.fce.org.za vir meer inligting. Hier ondersteun die groep die aktiwiteite van FCE op vele praktiese maniere. ‘n Hoogtepunt is ‘n besoek en oorslaap in die omliggende dorpies en skakeling met FCE se skool se leerders – in die skool en by hulle huise. Dit gee vir die groep ‘n unieke perspektief...

Read More

Hoërskool DF Malan se Justin Beck

Ons eie Justin Beck (graad 12) toer vanjaar na Amsterdam. Hy vorm deel van die “Puntfest Invitational Cricket Team” en is bloot op meriete gekies om deel van die span te wees. Hy vertrek op 24 Junie en kom weer 4 Julie huis toe. Hy gaan drie wedstryde teen plaaslike spanne speel en gaan ook ‘n krieketkliniek bywoon. Justin is as Krieketspeler van die Jaar vir 2018 by DF aangewys (en het ook as kaptein vir die span gedien) en ons is bly dat ander mense ook hierdie ster raaksien! Geniet dit, Justin! Ons is baie trots op...

Read More

Simon Steyn van Hoërskool DF Malan

Simon Steyn in Graad 9 het die afgelope naweek in die finaal van die Gemini Sangkompetisie deelgeneem. Hy het in die “Country”- en “Sound and Look”-kategorieë twee eerste plekke en ‘n tweede plek vir die “Musical”-kategorie behaal! Mooi so, Simon, en hou asseblief aan...

Read More

Lana Janson van Hoërskool DF Malan

Lana Janson het vroeër vanjaar by die “Junior Nationals” vir swem in Durban deelgeneem. Daar het sy brons medaljes vir 50 en 100m-borslag asook 4x100m “free relay” verower. Lana het ook vir die “Senior Nationals” gekwalifiseer, maar het nie deelgeneem nie, omdat sy op die hokkietoer na Holland toe was. Lana is tans besig om vir die “SA Short Course Championships” in Augustus voor te berei. Baie voorspoed,...

Read More

Die DF Toerorkes het tydens die jaarlikse WindWorx Fanfare behoorlik met die louere weggestap.

Die DF Toerorkes het tydens die jaarlikse WindWorx Fanfare behoorlik met die louere weggestap deur ‘n Hoogste Lof-toekenning in die gevorderde kategorie in te palm, terwyl die DF Blaasorkes ‘n Lof-toekenning in die Intermediêre kategorie ontvang het. Beide orkeste is ook genooi om tydens die Fanfare se Galakonsert op te tree – ‘n eer wat net uitgesoekte orkeste te beurt val!   Om DF se puik Blasers in lewende lywe te sien, word almal hartlik uitgenooi na die openingskonsert van die jaarlikse Nasionale Horingsimposium wat op 8 Junie in DF se skoolsaal plaasvind. Buiten DF se blaasorkes sal musikante vanuit die uithoeke van SA, asook van die buiteland aan die konsert deelneem....

Read More

Top Ads

Categories

Gedagte vir die week

The Lord bless you and keep you; The Lord make His face shine upon you and be gracious to you. – Numbers 6:24-25

 My siblings and I were not perfect kids. But my parents never focused on our weakneses or on the problems.

They always focused on the the solutions. They constantly told us we were the best kids in the world. And we grew up secure, knowing not only that our parents love each other, but they also loved us and believed the best in us. They were going to stand behind us through thick and thin.

If you want to bless your children, start declaring God’s goodness in their lives. Start boldly declaring, “God’s face is smiling toward you, and He longs to be good to you. I declare that you are blessed with with an obedient heart, with success, with supernatural wisdom, and you have clear direction for your life.”