Category: Culture

Laerskool Hendrik Louw Dans

Laerskool Hendrik Louw het laas week Vrydag- en Saterdag aande n Pa/dogter en Ma/seun dans in skoolsaal gehad.  Die dekor was pragtig en die dames van OOV het die etes voorsien. Die saal was op beide aande vol en almal het die danse terdeë geniet. Baie dankie aan almal vir die harde werk. En dankie aan elke ouer wat deel was van hierdie spesiale aand saam met hul...

Read More

HS Strand – Marion val met die “holm” in die huis…..

Die OBK se damesoggend met Marion Holm, Saterdag 14 Oktober, was ‘n reuse sukses. Almal kon hul inleef in haar eg-menslike belewenis van die groot K (bors- en breinkanker). Haar skreeusnaakse humor het almal ‘n positiewe emosionle hupstoot gegee en ons met nuwe oë na ons vrese laat kyk. Niemand sal vergeet dat ons “pakkie” met humor draagliker kan raak nie. Baie dankie aan die bekwame span OBK-ma’s en juffrou Lambrechts vir die pragtige tafels en gesellige oggend wat ons saam kon geniet. Doen so voort!! Ons gebruik die fondse vir die verfraaiing van ons skoolterrein. Van links na...

Read More

Tiamo HS Strand Se Morkel’s Cottage Huiswerkklas

Gizela Rencken Morkel’s Cottage is ‘n crèche vir jong kinders of leerders na wie gekyk word in die dag of na skool, maar omdat daar so baie kinders is, om presies te wees, 55, moes iemand inspring om hulle te help omdat hulle sukkel met hul huiswerk en net ‘n paar mense daar is om hulle te help. Tiamo het dadelik ingespring en het ‘n groot verskil gemaak in hul lewentjies. “Never stop doing little things for others. Sometimes those little things occupy the biggest part of their hearts.” Ons leerders het Maandag direk na skool saam met mev....

Read More

DF Malan gee (om) vir gidshonde!

Avril Salo van die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging het die skool besoek saam met Roy Abbott en sy hond van die afgelope 6 jaar, Georgia. Roy het ‘n oogsiekte gekry en 20 jaar gelede blind geword. Georgia is sy derde gidshond. Een van die projekte wat Mnr. en Mej. DF se fondsinsameling hierdie jaar gaan ondersteun, is om ‘n babahondjie laat oplei as ‘n gidshond vir ‘n gesiggestremde persoon. Hulle besoek die skool binnekort weer om die babawoef vir die kinders te kom wys sodat hulle sy naam kan kies....

Read More

DF Malan Gee Om.

Graad 10-projek: DF Malan se Graad 10-Raad van Leerders (Jaco Wagener, Pieter Cilliers en Nicola Van der Merwe) asook 2 graad 10-leerders (Jani Knoetze en Lizaan Oosthuizen) het Dinsdag 8 Augustus vir die Tygerbear Foundation se opleidingsentrum langs Tygerberg Hospitaal gaan besoek om massas Teddiebere te skenk. Elke graad in DF Malan is jaarliks verantwoordelik vir ‘n graadprojek. Hierdie jaar was dit die Graad 10’s se voorreg om ‘n donasie aan die Tygerbear Foundation te maak. Die graad-10’s het hierdie teddiebere tydens skoolure ingesamel. Graad 9-projek: Die graad 9-Raad van Leerders en klasleiers het op Lentedag die bejaardes by die...

Read More

Top Ads

Categories

Positive Quotes

The expert in anything was once a beginner.