Beatrae Walker is ‘n knap ruiter wat reeds WP-kleure verwerf het vir hierdie interessante sport wat sy nog net twee jaar lank beoefen.

Sy neem gedurende die langweek vir die WP aan ‘n interprovinsiale “English Mounted Games” tussen die WP, Gauteng en Kwazulu-Natal  by die Wild Clover Farm buite Stellenbosch deel. Hierdie kompetisie behels dat die perd en ruiter so vining as moontlik tussen ‘n klomp regopstaande pale deurbeweeg en voorwerpe (soos koppies, ringe, tennisballe en vlae) van die pale moet afhaal. Hierdie spoedoefening word in ‘n afgemete terrein van 20mx60m gedoen. Vaardigheid en spoed is ‘n definitiewe voorvereiste. Sedert Beatrae aan hierdie kompetisie begin deelneem het, het sy nog elke keer ‘n eerste plek in haar klas gekry.

Sy gaan  ook oor ongeveer twee maande vir Hoërskool Strand aan die SANESA-kompetisies deel – dit is die South African Equestrian Schools Association se kompetisies. Hierdie kompetisie sluit die volgende in: dressuur (“dressage”), landloop en perdespring.

Sy is ook lid van die Helderberg Ponieklub en neem op 6 Mei vir die klub aan hierdie uitdagende kompetisies deel.

Voorwaar ‘n interessante tydverdryf wat baie vaardiegheid van per den ruiter vereis.