Ti amo het pas ‘n suksesvolle tweedehandse klereverkoping agter die rug. Leerders kon vir ‘n dag hul skoolklere verruil vir gewone klere, wat hulle maar alte graag doen!

In ruil vir hierdie voorreg moes hulle tweedehandse klere of skoene skool toe bring. Hierdie skoene is dan verkoop vir R10 stuk, wat verskeie gate kan toestop.

Jy kry ietsie anders vir jou kas, teen ‘n minimale bedrag en die fondse wend ons weer aan binne die skool vir behoeftige leerders.