Liam Kloosman het gisteraand sy pet van die president van WP Rugby, mnr. Thelo Wakefield, af ontvang op die WP skole pette-oorhandiging wat by die Tsogo Sun (Cape Sun)  hotel in Kaapstad gehou is. ​

Mnr Wakefield het ‘n laaste boodskap van motivering aan die spelers gerig voor hul vertrek na Bloemfontein vir die Grant Khomo-week.