Die Helderberg het Saterdag 25 Februarie nog ‘n astrobaan rykerHoërskool Strand - Astro baan geword met die amptelike openingvan Hoërskool Strand se nuwe astrobaan. Deel van die feesvieringe was onder andere wedstryde tussen Maties en Somerset-Wes Hokkie Klub se mans en vroue hokkiespanne.

Die oudskolierespan het Strand se Eerste meisiespan met 2-1 geklop. Die seuns eerstespan het egter die bordjies weer verhang en afgereken met die oudskoliere 2-0 te klop. Summies se vrouespan het die span van Stellenbosch 2-1 gewen, terwyl Maties se mansspan vir Somerset-Wes 3-0 kaf gedraf het.