Hierdie funksie is die hoogtepunt van kultuur jaarliks en word deur mnr. Gert Visser gereël. AfriForum borg hierdie funksie en hul bydrae word besonder waardeer. 15 skole neem deel en meer as 35 spanne ding mee om deur te dring na die eindrondes in Pretoria.

Beide die junior en senior A-Span het by die debatkompetisie geseëvier. Bygaande in die foto’s is die beoordeelaars, deelnemers en Carien Bloem van AfriForum saam met mnr. Conradie (skoolhoof) en Danie van der Merwe (radio-omroeper).