Ons is besonder trots op die koor wat die afgelope tyd so goed presteer het. Die koor het tydens die Tygerberg Internasionale Eisteddfod 90% behaal en in die Applous-kompetisie ‘n goue sertifikaat ontvang. Hulle is met hulle puik Applous- optrede na Pretoria genooi vir die ATKV Applous finaal. Indien enige iemand betrokke wil raak of borgskappe wil gee om hierdie geleentheid vir al ons koorlede ‘n moontlikheid te maak, sal ons dit hoog op prys stel. Kontak gerus vir me. Coetzee by Strever30@gmail.com