Category: Hockey

Hokkie Nuus vanaf DF Malan Hoërskool

Ons is trots op die DFM dogtershokkiespelers wat hierdie jaar verskeie WP-spanne verteenwoordig. Ons is verder trots omdat 2 van ons afrigters ook onderskeidings behaal het. Petra Jonker is verkies om as Skeidsregter WP te verteenwoordig by die SA damestoernooi vroeër die jaar. Louise Conradie is verkies tot die afrigter van die WP noordsonespan vir die Provinsiale toernooi in Julie. Spelers: VOOR: Eugenie Muller (WP o.14), Anja Nel (WP o.14), Megan Weideman (WP o.14), Carli Roos (WP o.16B), Liandi Conradie (WP o.16 zone reserwe) MIDDEL: Petra Jonker (Skeidsregter), Nicola vd Merwe (WP o.16B), Megan Louw (WP o.16 reserwe), Carla...

Read More

Hoërskool Strand Hokkie nuus

Ons 1ste hokkiespanne het hulle nuwe wedstryddrag en sakke op ‘n spesiale oorhandigingsfunksie ontvang. Die area-bestuurder van die KFC Rohloffgroep, mnr. André Claassen, was die eregas wat die oorhandiging gedoen het. Die KFC Rohloffgroep is vir die 3de agtereenvolgende jaar die hoofborg van ons 1ste hokkiespanne en het hierdie jaar ook ruimskoots bygedra vir ‘n nuwe elektroniese telbord wat by die astro opgerig gaan word. Baie dankie aan André, die bemarkingsbestuurder me. Astrid Moore en die KFC-span vir julle ondersteuning van ons 1ste...

Read More

Hoërskool Strand – Astro baan

Die Helderberg het Saterdag 25 Februarie nog ‘n astrobaan ryker geword met die amptelike openingvan Hoërskool Strand se nuwe astrobaan. Deel van die feesvieringe was onder andere wedstryde tussen Maties en Somerset-Wes Hokkie Klub se mans en vroue hokkiespanne. Die oudskolierespan het Strand se Eerste meisiespan met 2-1 geklop. Die seuns eerstespan het egter die bordjies weer verhang en afgereken met die oudskoliere 2-0 te klop. Summies se vrouespan het die span van Stellenbosch 2-1 gewen, terwyl Maties se mansspan vir Somerset-Wes 3-0 kaf gedraf...

Read More
  • 1
  • 2

Top Ads

Categories

Positive Quotes

“One small crack does not mean you are broken, it means that you were put to the test & you didn’t fall apart.”
– Linda Poindexter